Die Fees
MSC en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die elfde jaar op die MSC Musica aangebied van 22 tot 27 Maart 2024. Vorige jare totaal uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Ons vaar vanaf Kaapstad na Namibië. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as dertig van Afrikaans se top produksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 011 844 6073. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com.
Vir die elfde jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! Dit is egter belangrik dat ons die Oppiwater Kunstefees sou gou as moontlik sal uitverkoop om dit eksklusief vir Oppiwater Feesgangers te hou. Onthou, vir nou hoef jy slegs ‘n deposito van R3 000 per kajuit te betaal en die balans is rondom 1 Desember 2024 betaalbaar.
NB: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsiderde en goedkoper kaartjies (van R50-R190) per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R290) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by www.LTickets.co.za Die feesprogram sal teen 1 Oktober 2024 bekend gestel word waarna Feesgangers hulle kaartjies vir die verskillende opvoerings by www.LTickets.co.za sal kan bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Muisca beskikbaar wees teen $17 per kaartjie (ongeveer R340) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by LTickets te bespreek. Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting of epos aan admin@lefra.com