Boodskap van Besturende Direkteur van MSC Cruises

Boodskap van Besturende Direkteur van MSC Cruises
Die Oppiwater Kunstefees vier hulle tiende verjaarsdag in 2024 aanboord die MSC Splendida. As MSC Cruises, is ons vir vele redes baie trots om deel te wees van hierdie opwinde Oppiwater suksesstories. Eerstens is dit vir ons belangrik om die kunste in Suid-Afrika te ondersteun en dan was die Afrikaanse gemeenskap nog al die jare baie belangrik vir MSC Cruises. Oor die jare, het die Oppiwater Kunstefees gegroei om vir ons Feesgangers die beste aan te bied in verskeie genres soos musiek, drama, teater, komedie, kuns en vele meer. Ons is saam met Lefra Produksies opgewonde dat vanjaar nog groter en beter gaan wees. Baie dankie dat u saam met ons die Oppiwater Kunstefees geniet. Ons wens u almal ‘n wonderlike fees en vaart toe en hoop dat u in die toekoms weer saam met ons sal vaar. MSC verwelkom u een en elkeen aanboord die MSC Slendida!
ROSS VOLK
BESTURENDE DIREKTEUR – MSC CRUISES